دانلود کتاب Paleise van die pluime : 'n vertelboek oor Oudtshoorn en die volstruisveersage
by Sue Van Waart
|
عنوان فارسی: Paleise از pluime : یک vertelboek گوش اودتشورن و volstruisveersage |
دانلود کتاب
جزییات کتاب
Dis omtrent 200 myl lank en 100 myl breed, 'n halfwoestyn omring deur 'n formidable bergketting, het hy geskryf. Dit reën daar slegs sowat 10 duim perjaar, en die son skyn meestal versengend warm.
Dis 'n plek van groot, oop ruimtes, waar dié vlugvoetige, hardlopende voël wat nie kan vlieg nie, aangetrefword.
In PALEISE VAN DIE PLUIME vertel die bekende Sue van Waart die verhaal van Oudtshoorn en sy mense. Sy vertel van die wonderjare toe James se “hardlopende voël” met die “wit goud” gesorg het vir 'n sprokiestyd in ons land se geskiedenis.
Sy voer die leser terug na 'n era waar Aspoesters oornag prinse en prinsesse geword het.” Sy lig die sluier oor die interessante en aktiewe Joodse gemeenskap van “Klein Jerusalem” soos Oudtshoorn ook destyds bekend was. Jy maak kennis met buitengewone karakters, maar ook met gewone boeremense, arbeiders en ambagsmanne, grapmakers, prinse en konings. Jy lees van ongekende rykdomme, van asemrowende volstruispaleise, maar ook van die pondokke, armoede en ellende toe die eens florerende veremark plotseling in duie stort.
PALEISE VAN DIE PLUIME is 'n kuierboek waarheen die leser telkens sal terugkeer.