دانلود کتاب Gedenkboek by die jubileumfees van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, De Rust, 1899-1949.
by Nicolaas Sieberhagen
|
عنوان فارسی: کتاب یادبود در جشنواره جوبیلای کلیسای اصلاح شده هلند ، دی Rust ، 1899-1949. |
دانلود کتاب
جزییات کتاب
De Rust se strate en geboue is vir my ryk aan herinneringe. Dit was deel van my jeug en die invloed wat dit laat geld het, bly nog onherroeplik staan. Ek besef weereens hoe my eie Verlede verbonde is aan die groei en ontwikkeling van dié dorpie, want ek was by toe dit aangelê is. Soos De Rust self, bly my gedagtes steeds vashou aan die verlede en onthou ek nog die ou plaas wat Pappie en Oom Jurie Schoeman saam gekoop het sodat dit uitgelê kon Word os 'n gemeentedorp.
Daar was net een ou plaasopstal op die grond en Pappie het daarin gaan Woon. Oom Jurie het eers later sy huis gebou. Eenkant, naby waar die pastorie nou staan, het Oom Fanie van der Watt gebly. Hy sou later die koster van die gemeente word. Verder was dit net veld en landerye waar ek en my broers bokke en klein volstruisies opgepas het. Ek onthou nog die eerste kerkdienste wat onder die skaduwees van die groot moerbeibome op Pappie se werf of in die meulgebou gehou is. Toe besluit is om 'n kerk te bou, het ons almal gehelp om klippe en stene aan te ry. Die inwyding van die voltooide kerk heug my Nog goed.
Ons het in daardie selfde ou meulgebou skool gegaan en later in die gebou wat nou die kerksaal is. Mei. Schonken, 'n waardige, godsdienstige oujongnooi, was ons eerste onderwyseres. Sy was 'n liewe, karaktervolle persoon en het 'n blywende indruk gelaat. Later is ek weg vir verdere studie en het na voltooiing daarvan weer teruggekeer. En eendag, op 'n publieke vergadering in dieselfde kerksaal wat eers my skool was, is ek gevra om MY vir die Parlement verkiesbaar te stel. Dit was die begin van my parlementêre loopbaan en dit het ook meegebring dat ek nou maar af-en-toe op De Rust kom. Maar die herinneringe aan alles bly nog vars in my geheue.
Ek onthou nog die mense en die leefwyse op die dorpie in daardie beginjare; die samekomste uit alle oorde met kerkdienste; die karre om die kerkgebou en die perde wat ons seuns versorg het; die boere uit die omtrek en die dorpsbewoners wat gesellig saam verkeer het met publieke geleenthede. Daar was altyd 'n atmosfeer van rustigheid en waardigheid. Alhoewel tye verander het, het baie nog maar dieselfde gebly, want De Rust het deur die jare heen 'n eie besondere karakter behou. Dit is asof hy met 'n jaloerse konservatisme sy onveranderlike eienskappe teen buite-invloede bewaar. Daar is 'n eenvoud en diepte wat deur die jare nooit verlore gegaan het nie; 'n egtheid, die kern van 'n besondere leefwyse en koersvastheid ,wat behoue gebly het.
Alhoewel ek nou weens veranderde omstandighede maar selde terugkeer, voel ek nogtans dat ek elkekeer teruggaan na 'n ou vriend wat konstant gebly het. Daar is altyd iets wat uit die brandkas van sy herinneringe gehaal kan word-— so blink en nuut en kosbaar as altyd. Dit is hierdie ewige onveranderlikheid wat die noodsaaklike dinge van die gees betref wat De Rust vir my die blye toonbeeld van die klein-dorpie in Suid-Afrika gemaak het.
Dit is noodsaaklik dat daar in die storm en drang van die wêreld verskanste plekkies moet wees waar die eie en besondere bewaar kan word. Die aansien van die wêreld verander steeds en dit is moeilik vir ons, wat temidde van alles staan, om te sê of dit ten goede of ten kwade is. Maar dit staan vas: met die vermeerdering van bevolkings, die groter wisselwerking tussen gemeenskappe en die posvat van wedersydse invloede, het baie van die eie en kenmerkende verlore gegaan. In hierdie horisontale ontwikkeling is die kleindorpie die laaste vesting van die individualisme. Mêre, oormêre sal die klein gemeenskap ook iets van die verlede wees, maar terwyl dit nog hier en daar bestaan, moet ons hierdie plekkies, wat sê deel van onsself is vir wie ons liefde sê diep gewortel is, waardeer.
Saam met andere wat in sy geestelike skatte, sy een-voud en diepte gedeel het, wil ek my groete en heilwense oorbring aan De Rust—daardie mooi lommerryke dorpie onder die Swartberge aan die mond van Meiringspoort—met die hoop dat dit nog steeds sy beste sal gee aan die geslagte wat voorlê en sy rykdomme in veilige afsondering sal bewaar, en dat dit nooit sy betowering vir die jeug, en nooit sy rusvolle stilte vir dié wat oud is, sal verloor nie.
S. P. LE ROUX.
PRETORIA,
13 September, 1949